Download
Evangelie van Jesus.pdf
Adobe Acrobat Dokument 264.6 KB
Download
Hoe kom ek in die Hemel.pdf
Adobe Acrobat Dokument 975.7 KB


"Soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie."   Romeine 3:10

   "Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God."   Romeine 3:23

   "Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here."   Romeine 6:23

   "Maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was."   Romeine 5:8

   "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê."   Johannes 3:16

   "As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig."   I Johannes 1:9

   "As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;  want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding."   Romeine 10:9-10

   "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo."   Johannes 1:12

   "Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie."   Johannes 14:6

   "Want soos die Vader die dode opwek en lewend maak, so maak ook die Seun lewend wie Hy wil."   Johannes 5:21

   "Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;  nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie."   Efesiërs 2:8-9

   "Broeders, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan.  Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte."   I Korinthiërs 15:1,3-4

   "Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag."   Jakobus 5:16

   "Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God. Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde."   I Johannes 4:7-8

   "Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie.  Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen."   II Petrus 3:17-18

Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God. Romeine 3:23 Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here. Romeine 6:23 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. Efésiërs 2:8-9 En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig! Lukas 18:13 Geen versoeking het julle aangegryp behalwe 'n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra. I Korinthiërs 10:13 Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie. Romeine 8:38-39 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. Romeine 10:4 Want Hy sê: In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil. II Korinthiërs 6:2 Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostles gesê: Wat moet ons doen, broeders? En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Handelinge 2:37-38 En julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid. Efésiërs 4:24 Soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie. Romeine 3:10 Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here. Romeine 6:23 Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het -- Romeine 5:12 Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe. Romeine 5:6 Maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Romeine 5:8 En na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here, Romeine 1:4 Omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. Romeine 6:9 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; Romeine 10:9 Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Romeine 10:13 Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie. Romeine 8:38-39


God Se Eenvoudige Saligheidsplan

My Vriend,ek vra u die belangrikstevraag van die lewe. U vreugde of u verdriet, vir alle EWIGHEID hang daarvan af. Die vraag is: IS U GERED? Die vraag is nie of u ’n lid van een of ander Kerk is nie, maar: IS U GERED? Dit is nie ’n kwessie van hoe goed u is nie, Maar: IS U GERED? Niemand kan die seën van God geniet, of Hemel toe gaan, sonder om gered te wees nie – Jesus het vir Nikodemus gesê in Johannes 3:7;,,Moenie jou verwonder dat ek vir jou gesê het, JULLE MOET WEER GEBORE WORD NIE.”God gee aan ons in Sy Heilige Woord die ENIGSTE plan vir saligheid. Die plan is eenvoudig, u kan VANDAG gered word.

Eerstens my vriend, moet u besef DAT U ’n SONDAAR IS. Romeine3:10;,,Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.”

,,Want daar is geen onderskeid nie; Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God”Romeine 3:22, 23.

Daar is GEEN KANS om gered te word nie, tensy u besef dat u ’n SONDAAR is. Omdat u ’n sondaar is, is u veroordeel om te sterwe.

,,Want die loon van die sonde is die dood”Romeine 6:23.

,,En as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort”Jakobus 1:15.

Dit beteken van God geskei te wees, in die HEL VIR EWIG. Hoe vreeslik! Ja my vriend, maar dit is waar, want God het u so liefgehad, DAT HY SY ENIGGEBORE SEUN GEGEE HET, Jesus Christus, AS U PLAASVERVANGER; wat ons sondes gedra het en wat in U plek gesterwe het.

,,Want Hy het HOM [Jesus] wat geen sonde geken het nie, SONDE gemaak vir ONS, sodat ONS KAN WORD

GEREGTIGHEID van God in HOM”2 Korinthiërs 5:21.

,,Wat self ONS SONDES in SY liggaam op die kruishout gedra het, sodat ONS die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde JULLE GENEES IS”1 Petrus 2:24.

Jesus moes sterwe. SY BLOED moes gestort word.

,,Want die SIEL van die vleis IS IN DIE BLOED”Levitikus 17:11.

,,Sonder BLOEDVERGIETING vind daar geen vergifnis plaas nie”Heb. 9:22.

Ons kan nie verstaan hoe ons sondes op Jesus gelê is nie, maar God sê in SY WOORD dat dit wel so is. U SONDE, my vriend, het JESUS GEDRA en HY HET IN U PLEK GESTERWE. God kan nie lieg nie.

Die Filippeinse tronkbewaarder het vir Paulus en Silas gevra:,,Wat moet EK DOEN om GERED te word?” ,,Toe sê hulle: ‚Glo in die Here Jesus Christus, en jy SAL GERED WORD, jy en jou huis’”Handelinge 16:31.

U moet eenvoudig net glo in Hom as die EEN wat vir U SONDE GESTERWE het, in U PLEK begrawe is en weer opgestaan het, vir U REGVERDIGMAKING. Roep Hom nou aan.,,Want ELKEEN wat die naam van die Here aanroep, SAL GERED WORD”Romeine 10:13.

Die eerste gebed wat ’n sondaar moet bid, word gegee in LUKAS 18:13;„O GOD, WEES MY SONDAAR GENADIG!”U is ’n sondaar, en sekerlik is u baie jammer daaroor. Reg, en NOU, waar u ookal mag wees, hef u hart op na God in gebed. Dit is nie nodig om lank of hardop te bid nie, want God is baie begerig om u te red. Sê net:,,O God, ek is ’n sondaar, ek is baie jammer, ek het berou, wees my GENADIG en RED MY, om Jesus ontwil.”Neem Sy woord aan.

,,Want ELKEEN [dit sluit u in] wat die naam van die Here aanroep, SAL GERED WORD. [Nie sal miskien, of kan nie, SAL GERED WORD]”Romeine 10 :13. Neem God se Woord aan. As u dit gedoen het, wat Hy u hier gevra het, EIS dan die SALIGHEID IN DlE GELOOF volgens SY WOORD. GLO EN U SAL GERED WORD. Geen kerk, geen geld, nie goeie werke nie, NIEMAND ANDERS AS JESUS ALEEN, KAN U RED NIE.

Die eenvoudige plan vir saligheid is: U IS ’n SONDAAR; omdat u ’n sondaar is MOET U STERWE, so nie, glo in Christus wat U PLAASVERVANGER IS en in u plek gesterwe het, wat begrawe is en weer opgestaan het.

Roep God net aan, met die BESEF dat u ’n sondaar is, en vra Hom om u genadig te wees en u te red om JESUS ONTWIL.Neem SY WOORD AAN en EIS DIE SALIGHIEID IN DIE GELOOF.

U sê miskien:,,Dit is sekerlik nie al wat ek moet doen om gered en word nie?”Ja dit is, volstrek alles. Dank God, baie siele is vir Christus gewen deur hierdie eenvoudige plan. Dit is SKRIFTUURLIK. Dit is GOD SE PLAN. My vriend, GLO EN DOEN DIT VANDAG Nou is die tyd – vandag, is die dag.,,Kyk NOU is die tyd

van die welbehae, kyk NOU is die dag van verlossing”2 Korinthiërs 6:2.

,,Beroem jou nie op die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal bring nie”Spreuke 27:1.As hierdie traktaat nie vir u duidelik is nie, LEES DIT OOR EN OOR TOTDAT u dit verstaan.Moenie dit opsy sit nie, want u SIEL is meer werd as die hele wêreld.,,Want wat sal dit ’n mens baat as hy die hele wêreld win, en aan SY SIEL SKADE LY, of Wat sal ’n mens gee as losprys vir sy Siel?”Markus 8: 36, 37.

MAAK SEKER DAT U GERED IS, U HET REDDING NODIG BO ENIGIETS ANDERS.AS U U SIEL VERLOOR, VERLOOR U DIE HEMEL EN ALLES DAARBY.GOD HELP U OM VANDAG GERED TE WORD. Hy sal u red en OOK BEWAAR.

,,Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ’n menslike nie; maar God is getrou wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie, maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra”I Konn. 10:13.

Moenie op u gevoelens staatmaak nie. Hulle verander. Steun op God se beloftes. Hulle verander nooit nie. NADAT U GERED IS, IS DAAR DRIE DINGE WAT U MOET BEOEFEN VIR U GEESTELIKE LEWE: BID – praat met God. LEES U BYBEL – God praat met u. GETUIG – u praat nou vir God.

,,Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor My Vader wat in die Hemele is”Mattheus 10:32.

Deur Ford Porter